Your Recipe Blog

PORTUGESE ROLLE

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 18 rolle

PORTUGESE ROLLE

  • 1 kg meel (7 koppies, het afgeweeg)
  • 7 eetlepels suiker
  • 1 teelepel sout
  • 150 g botter, gesmelt
  • 500 ml warm water
  • 1 pakkie kits gis

Verhit oond 170°C.
Meng tot sagte deeg in ‘n Kenwood met die deeghak, op medium spoed vir 10 min.
Laat rys op ‘n warm plek vir ‘n uur.
Knie af en verdeel in 18 gelyke dele.
Maak bolle soos vir buns maar knyp die buns bo en onder dat dit soos rugby 🏉 bal lyk.
Sny ‘n keep bo in die middel van die bun, pak op ‘n bakplaat en laat weer 30 min rys.
Sprinkel met koue water en strooi bietjie meel oor.
Bak vir 15 min in voorverhite oond (termofan) of 20 min in gewone oond.
Bedien saam gebakte hoender en groen slaai.
Lekker bak en lekker eet!

Foto en resep gepos deur Martie Labuschagne

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page