Your Recipe Blog

“PORK BELLY” PASTEI

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 min

“PORK BELLY” PASTEI

Vroulief het vir aandete hierdie djeeeeerlike pork belly paai gemaak.
Dit is oorskiet gebraaide pork belly wat in stukkies gesny is.

  • Vulsel:
  • gaar “pork belly”
  • 3 uie wat gesoteer is in bietjie olie
  • ½ teelepel rissievlokkies
  • 1 teelepel gemengde kruie
  • 1 eetlepel nat fyn knoffel
  • witpeper na smaak
  • 1 eetlepel balsamiese asyn
  • 2 teelepels suiker
  • Ekstra:
  • 1 rol blaardeeg
  • eier vir smeer op deeg
  • ½ pakkie bruin uiesoppoeier aangemaak met 1 koppie water

Meng al die vulsel bestanddele saam in ‘n pan op die stoof.
Wanneer die mengsel lekker warm is, voeg die uiesoppoeier by en meng goed.
Rol die blaardeeg uit en deel dit sodat die een helfte jou gespuite skottel se bodem en sykante bedek.
Skep die vleismengsel in die kors en bedek met die oorblywende blaardeeg. Druk die deeg vas aan die deegkante van die bodem.
Smeer met eier en druk gaatjies in die deegdeksel.
Verhit oond tot 200°C en bak vir 40 minute tot mooi goudbruin.
Nota:
Ons het dit geniet met ‘n skeppie van vroulief se tuisgemaakte noedelslaai en dit was baaaaaaie lekker.

Resep en foto: Gideon Louw

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page