Your Recipe Blog

POMELOSTROOP

POMELOSTROOP

My man het pomelos uitgedruk en die sap gevries, gister ontvries en vanaand stroop gemaak.

  • 7 koppies pomelosap
  • 3 ½ koppies suiker (of minder, sien nota onderaan)
  • bietjie minder as 1 teelepel Engelse sout

Plaas die sap, suiker en Engelse sout in ‘n kastrol en verhit tot die suiker opgelos is.
Laat die stroop in die kastrol afkoel en giet in bottels. Seël dadelik.
Plaas in die yskas en gebruik soos verkies. Dit proe heerlik!

Nota:
Ek het ‘n bietjie suurlemoenstroop gehad en dit ook bygevoeg na smaak.
Die stroop is vir ons effens te soet, sal volgende keer net 2 koppies suiker gebruik.
Om die stroop aan te maak, gebruik 1 deel stroop en 4 dele water of Sprite met ys.
Jy kan die stroop in gesteriliseerde bottels giet na dit gekook is, om te verseker dat die stroop langer hou en nie gis nie.

Resep en foto: Elfrieda Wessels

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page