POMELO MARMELADE
Ek het die resep by ‘n tannie gekry en is ‘n treffer. Het al 2 keer gewone lemoen marmelade gemaak, 1 keer die 4 sitrus marmelade en nou die pomelo marmelade. Ek kan nie al die hoekoms en waaroms beantwoord nie, maar hier is die wenresep.
(Ek het so 10 bottels soos die foto aangeheg gekry)
- 7 groot, ryp pomelos
- ± 3 liter suiker (ek meet die suiker in ‘n maatbeker af)
Sny die pomelo in die helfte en dan in dun skywe.
Gooi water oor tot skywe bedek is en laat staan oornag.
Gooi die water af en gooi nuwe water oor.
Kook die skywe tot sag.
Meet dan 1 koppie skywe (met sous en al) vir 1 koppie suiker af. MAW 10 koppies pomelo skywe met sous = 10 koppies suiker. Laat staan 10 minute vir meeste suiker om te smelt.
Kook die marmelade tot stroperig, skep gereeld die skuim af en bottel warm in warm, gesteriliseerde bottels.
Draai bottel onderstebo en was later die taaiheid af.
Nota:
Dit is bitterder as gewone lemoen marmelade, maar dit is lekker, as jy nie hou van pomelo nie of nie hou van marmelade nie dan is dit nie vir jou nie.
Resep en foto: Leandri Potgieter
2de foto: Ilze Jacobs
Een van die lekkerste dinge is dat as ek n spesifieke resep soek, ek weet dat ek dit waarskynlik op die blog sal kry-en weereens was ek reg. Hierdie is my pomelo marmalade, presies gemaak soos die link hieronder. Dit het heerlik gekom-bitter, soet en met n pragtige kleur. Baie dankie Leandri Potgieter vir n puik resep.