Your Recipe Blog

POLISIEKANTIENTERT

POLISIEKANTIENTERT

Die resep bestaan uit 2 dele.

  • Karamelsous:
  • 100 g botter
  • 1 koppie sagte bruin suiker
  • 125 ml room
  • 1 teelepel vanilla geursel

Voeg die sous bestanddele in ‘n potjie op die stoof en verhit.
Kook tot borrelend en draai die temperatuur af en kook stadig vir 4 minute.
Verwyder die potjie met sous vanaf die stoofplaat en hou eenkant tot benodig.

  • Sjokoladevulsel:
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 1 koppie karamelsous
  • 2 eetlepels kakaopoeier
  • 1 koppie kookwater
  • 2 eetlepels mielieblom
  • bietjie melk
  • 3 eiers, geskei
  • 30 ml botter
  • 1 pakkie Tennisbeskuitjies
  • 250 ml room
  • 2 eetlepels versiersuiker
  • vanilla geursel na smaak

Voeg die kondensmelk en karamelsous in ‘n swaarboomkastrol en bring dit stadig tot kookpunt.
Meng intussen die kakaopoeier met die kookwater en roer totdat die poeier opgelos is, plaas eenkant.
Meng die mielieblom met die bietjie koue melk en roer totdat ‘n gladde pasta vorm.
Voeg die mielieblompasta saam met die opgeloste kakao by die kondensmelkmengsel in die pot en roer deur.
Voeg die geklitste eiergele by die mengsel in die pot, meng goed deur, verwyder die pot van die hitte en laat rus die mengsel ‘n rukkie.
Plaas die botter bo-op die mengsel in die pot en hou die pot skuins sodat die botter ‘n gesmelte lagie vorm.
Klits die eierwitte styf en vou dit by die sjokolademengsel in.

Plaas ‘n lagie Tennisbeskuitjies in ‘n Pirex bak, skep die helfte van die vulsel bo-op die beskuitjies, gevolg met nog ‘n lagie beskuitjies en eindig met vulsel.
Laat rus die tert in die yskas vir 2 ure.
Klop die room styf met die versiersuiker en voeg vanilla geursel na smaak by die geklitsde room.
Skep die gegeurde room bo-oor die tert.
Sny in blokke en bedien met die res van die karamelsous bo-oor elke blokkie.

Nota:
Moenie die mengsel te lank prut nie en klits deurentyd.

Resep en foto: Pieter Kotzé

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page