Your Recipe Blog

POEDING MET ROOMSTROOP

Avatar photo
Recipe by
Cook: 50 minute | Servings: ongeveer 20 blokkies

POEDING MET ROOMSTROOP

  • Beslag:
  • 30 ml botter of margarien
  • 300 ml wit suiker
  • 30 ml appelkooskonfyt
  • 2 ekstra groot eiers
  • 10 ml koeksoda
  • 500 ml melk
  • 30ml asyn
  • 500 ml koekmeel
  • Stroop:
  • 100 ml botter
  • 300 ml wit suiker
  • 250 ml water
  • 1 blik (410 g) Ideal Melk

Stel die oond op 180°C. Bespuit ‘n 20 x 30 cm oondbak met kleefwerende kossproei.
Verroom die botter en suiker saam.
Klits appelkooskonfyt by en dan ook die eiers een vir een.
Los die koeksoda in die melk op en voeg die asyn by.
Voeg die melkmengsel om die beurt met die meel by die bottermengsel en meng goed.
Skep in oondbak en bak ongeveer 50 minute tot gaar.
Verhit sousbestanddele intussen tot gesmelt.
Bring tot kookpunt en prut vir 5 minute.
Giet oor die poeding sodra uit oond uit kom.
Bedien met vla.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page