Your Recipe Blog

PLATHOENDER OP DIE KOLE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1 uur 30 minute

PLATHOENDER OP DIE KOLE

Ek wil graag bekendstel die heerlike plathoener oppie kole.

  • 1 x 2 kg heel hoender
  • sout en peper na smaak
  • 1 suurlemoen se sap

Koop een heel hoender (nie gevries nie) wat omtrent 2 kg weeg en sny dit aan die borskant oop en druk dit lekker plat op ‘n toeklaprooster.
Braai dit vir een en ‘n half uur op stadige kole en sien toe dat dit nie brand of skroei nie, maar lekker bruin en krakerig buite om braai.
Net voor jy dit gaan opdien en van die kole gaan afhaal, besprinkel dit met sout en peper na smaak en ek is nogals nie skaam vir dit nie.
Neem ook ‘n suurlemoen en sny dit middeldeur en druk die sap van die een helfte op die een kant en die ander helfte se sap op die annerkant.

Sjoe die kiepie was lekkker plomp en sag en jy hoef nie te byt nie jou tanne raak net vanself weg daarin.
Daai sappigheid en heerlikheid bly net vir my lekker.
Ons het dit saam met ‘n wortelslaai en gekneusde aartappels geniet, asook ‘n stukkie boerewors.

Resep en foto:  Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page