PLATBROOD GALOUR
- Deeg:
- 1 kg broodmeel
- 1 pakkie kits gis
- 1 teelepel bruinsuiker
- 2 teelepels steak en tjops speserye
Maak aan met lou water tot hanteerbare deeg, knie en laat rys.
Knie terug en deel in 2 dele.
Sit deeg op bakplaat wat gesmeer is, vorm soos verkies.
- Bolaag Maak mengsel van:
- 20 ml gesmelte botter
- 20 ml olyfolie
- 20 ml heuning
- 10 ml fyn knoffel
Smeer die mengsel oor die basis van die platbrood.
Plaas die volgende op die brood of enige bestanddele soos verkies.
Sny 4 uie in dik skywe, maak ringe los en druk effens in brood.
Druk pitlose olywe, roosmarynblaartjies, basilblare en pynappelsukkies ook in brood, druk kersietamaties op basilblare en klein blokkies bloukaas of cheddar hier en daar in deeg, bak by 180ºC vir 20 minute.
Bedien met sous.
- Sous:
- 200 ml olyfolie
- 200 ml balsamiese asyn
Enjoy!
Resep en foto: Floraine Wasserman Venter