PLAATKOEKIES / PANNEKOEK / WAFELS
VEERLIGTE DIKMELK WEERGAWE
- Droë bestanddele:
- 2 koppies koekmeel
- 1 eetlepel Maizena
- 1 teelepel koeksoda
- ½ teelepel sout
- 1 eetlepel suiker
- Vloeistof:
- 2 eiers, geskei
- 2 koppies dik suurroom of suurmelk
Sif die droë bestanddele saam in ‘n mengbak.
Klop die eierwitte styf in ‘n glasbak.
Voeg die eiergele en dik suurroom of suurmelk by die droë bestanddele en meng.
Vou die styfgeklopte eierwitte by die meel- en melkbeslag in.
Gebruik soos verkies, die beslag werk ewe goed vir plaatkoekies, pannekoek of wafels.
Nota:
Die melk of room moet werklik baie dik en baie suur wees, dis die geheim van die resep.
Resep: Anette Smith
Foto: Petro Borchard