PLAASVERVANGERS
- VIR KARRINGMELK
- 1 koppie karringmelk = 1 koppie vars melk + 1 eetlepel suurlemoensap of asyn gemeng en laat 15 minute
- OF
- ⅔ koppie gewone jogurt + ⅓ koppie vars melk gemeng. Laat 5 minute staan voor gebruik. Melk moet kamertemperatuur wees.
- VIR VARS ROOM
- 250 g vars room = 185 ml melk + 65 ml botter
- OF
- 170 ml karringmelk + 80 ml olie
- OF
- 1 groot piesang, 1 eierwit, 1 eetlepel suiker. Druk piesang fyn. Klits die eierwit styf. Voeg die suiker geleidelik by. Klop die fyn piesang en gebruik i.p.v. room.
- OF
- 1 koppie melk
- 1 eetlepel Maizena
- sout
- 250 g margarien
- 1 teelepel vanielje
- 1 teelepel karamel geursel
- Kook melk, Maizena en sout saam. Roer aanhoudend. Haal van stoof. Roer tot koud. Room margarien, versiersuiker en geursel tot romerig. Gooi by Maizena mengsel en roer goed. Die “room” vries ook goed.
- VIR BAKPOEIER
- 5 ml bakpoeier = 1 ml koeksoda + 2.5 ml kremetart
- OF
- Sif 30 ml cream of tartar (kremetart), 15 ml bicarbonate of soda (koeksoda) en 15 ml cornflour (Maizena) saam.
- VIR EIER
- 1 eier = 2 eetlepels Maizena + 2 eetlepels water (gemeng)
- In klein koekies: 1 eier + 5 ml bakpoeier = 15 ml koeksoda
- 1 Eier kan vervang word in gebak met 1 Eetlepel Cross+Blackwell Mayonnaise
- VIR SJOKOLADE
- 28 g sjokolade = 37 ml kakao + 10 ml botter
- VIR BROODKRUMMELS
- Maak toast en rasper dit – kan ook meng met bruin uiesoppoeier.
- Maak Corn Flakes fyn en gebruik dit vir krummels. (Wheat free krummels)
- OM KOEKMEEL IN BRUISMEEL (SELFRAISING) TE VERANDER
- 4 x 250 ml koekmeel, 30 ml kremetart, 15 ml koeksoda
Sif alles 4 x saam en gebruik i.p.v bruismeel. - MAAK JOU EIE BRUINSUIKER
- Bruinsuiker = 2.2 kg wit suiker + 62.50ml molasses
1 koppie molasses = 12 oz (350 g)
Meng goed in voedselverwerker. Molasses is swaar in gewig.
Hou dit in ‘n verseëlde bak en dit kan tot 3 – 4 weke hou.
Geplaas deur Julie Vorster
Category: