PLAASVERVANGER VIR KARRINGMELK (SUURMELK / DIKMELK)
Rina Kleinhans:
Hierdie wenke is net ‘n goeie plaasvervanging vir karringmelk, en dit werk perfek… karringmelk is iets heel anders, maar ja, jy kan dit met sukses gebruik.
Adele Van Zyl Filmalter:
1 koppie karringmelk = ⅔ koppie gewone jogurt gemeng met ⅓ koppie vars melk. Laat 5 minute staan voor gebruik.
Elize de Kock:
Meng 250 ml melk en 30 ml suurlemoensap / asyn, laat staan totdat die melk verdik.
Kiti Citi:
Kombineer 125 ml suurlemoensap, witasyn of appelasyn met 625 ml volroommelk.
Wanda Fouche Schreuder:
500 ml melk, 4 eetlepels asyn, 2 eetlepels olie. Plaas 5 min in mikrogolf op “defrost”. Fantastiese karringmelk. Ek koop vir jare nie meer karringmelk nie.
Marjolein da Costa:
Mens kan seker nie “longlife” melk gebruik nie?
Charlene Erasmus Van Tonder:
Ek het dit al met “longlife” melk gemaak. Het gesien met party make, moet ek net so bietjie meer suur byvoeg, maar dit werk.
Anne-marie van den Heever:
Bogenoemde is almal dikmelk. Karringmelk kry jy van wanneer jy room afwerk tot botter. Die wei wat oorbly word karringmelk genoem.
Foto: Marlene Potgieter