Your Recipe Blog

PIZZA BURGERS

PIZZA BURGERS

Gebruik enige burger bestanddele van jou keuse.

  • 2 bees patties gebraai per burger
  • gebraaide spek
  • gekarameliseerde uie
  • 1 burger broodrolletjie per persoon
  • gerasperde mozzerella kaas
  • salami skyfies
  • oreganum

Sny die broodrolletjies regdeur oop en smeer beide kante met botter.
Plaas boonste gedeelte van rolletjies op ‘n bakplaat, (korsie kant)
Sit gerasperde mozzerella kaas en salami skyfies bo-op, sprinkel bietjie oreganum oor en rooster in oond tot kaas gesmelt het.
Pak die burger soos verkies op die ander deel. Paties, spek, uie, tamatie, blaarslaai, sous van jou keuse of net wat jy verkies.
Plaas die pizza bo-kant bo op die res van die burger.
Bedien met skyfies of soos verkies.

Resep en foto: Charleen Nieuwenhuizen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published.

*

1 2 3 4 5