PITTEKOU – ZOERDOEF
Jy kannie die oujaar uitgaan sonder ‘n zoerdoef nie en jy kan okkie die nuwejaar begin sonder ‘n Doef nie.
Meng die volgende en laat staan ‘n paar dae. Hang af hoeveel jy wil maak, gebruik een van die volgende resepte. Geniet dit!
- 1 koppie suiker
- 1 koppie granadilla pitte
- 1 koppie brandewyn van jou keuse
- OF
- 2 koppies granadilla pulp
- 1 ½ koppies suiker
- 2 koppies brandewyn van jou keuse
Resep en Foto: Gideon Louw
Category:
Ek kon so maklik soek na n resep. Love die site