PITABROOD
Ek het vanoggend die resep gesien vir pita brood… Dis vrek maklik en die lekkerste deeg om mee te werk.
- 3 koppies koekmeel
- 2 teelepels sout
- 1 eetlepels suiker
- 1 pakkie droë gis
- 1 koppie warm water
- 2 eetlepels olyfolie
Meng droë bestanddele saam.
Meng die water en olie en voeg by die droë bestandsele.
Meng vir 5 minute met deeghakke op lae spoed tot dit goed saam gemeng is en ‘n bal vorm. Die vloeistof lyk te min vir die hoeveelheid droë bestanddele, maar hou aan meng tot alles gemeng is.
Smeer ‘n bak met olie en plaas deeg daarin.
Maak toe met kleefpapier en plaas op ‘n warm plek om te rys tot dubbel die grootte. Plus minus vir ‘n uur en ‘n half.
Verwyder deeg uit bak en knie weer bietjie met jou hande vir 2 minute en vorm ‘n bal.
Sny met deeglem in 8 ewe groot dele en rol in balle.
Maak balle met ‘n vadoek toe en laat staan vir 10 minute.
Rol uit elke bal uit so groot soos jy dit verkies en plaas in ‘n baie warm pan. As dit begin oppof hou dit dop en draai om sodra onder begin bruin raak. Bak verder tot ander kant ook bruin is.
Nota:
Hierdie kan met enige iets bedien word. Ek het sommer hoenderkerrie gemaak.
En dis rerig ongelooflik lekker.
Resep en fotos: Reon Conradie