PIT MIELIEBROOD
- 1 x 500 g bruismeel
- 5 ml sout
- 1 blik heelmielies (410 g)
- 250 g oorskiet mielies, afgeny van die stronk
- 3 eiers
- 200 ml melk (melk 60 ml as jy room blik mielies gebruik)
- 25 ml kookolie
Stel oond op 170ºC indien waaieroond, 180º C in gewone oond.
Smeer 2 kleinerige broodpannetjies.
Sif meel en sout saam.
Voeg mielies by en meng.
Klits eiers, melk en kookolie saam en voeg by.
Sny vloeistof met ‘n mes in tot goed gemeng.
Skep deeg in panne, maak bo-op gelyk en bak sowat 45 min of tot deurgebak.
Resep en foto: Meisie van der Colff