PILCHARDS VISKOEKIES
- 4 blikkies pilchards (enige geur – gooi die water af)
- 1 ½ koppie koekmeel
- 2 eiers
- sout, peper en vis speserye volgens smaak
- 4 medium grootte aartappels
- olie vir gaarmaak
Kook die aartappels sag en maak fyn met bietjie sout. Druk die pilchards fyn met vurk en voeg die koekmeel, eiers, speserye, sout en peper by en meng goed deur.
Meng die fyn aartappels saam met die mengsel in.
Die fyn aartapples moet nie pap wees nie, anders is die vis mengsel se pap en val die koekies uitmekaar.
Bak die viskoekies lepelsvol in olie in ‘n pan tot mooi bruin.
Resep en foto: Crystal Ackerman
Crystal, gebruik mens die sous vd vis ook of dreineer ek die vis?
Hallo Marianne, Nee mens gebruik net die vissies wat jy ook die ruggraatjie uitgehaal het en as dit die gemaalde een is, gooi die water/olie af.
Mooi dag
Rina
Marianne ek het uiteindelik vir Crystal aan die hande gekry, sy se sy gebruik die water ook saam met die beslag, jammer ek hoop dit kom lekker wanneer jy dit maak.