PIKANTE HOENDER BRAAISOUS
- sout en peper, na smaak
- 50 ml botter, gesmelt
- Braaisous:
- 1 knoffelhuisie, fyn gedruk
- 5 ml paprika
- 15 ml appelkooskonfyt
- 5 ml mosterdpoeier
- 15 ml gerasperde ui
- 5 ml piri-piri
- 30 ml tamatiesous
- 15 ml Worcestersous
- 125 ml druiwe asyn
- 125 ml olie
- 3 braaikuikens, of 1 hoender van ongeveer 1.5 kg – spitstuk (spatched cock)
Meng al die bestanddele vir die braaisous 24 uur voor dit gebruik word, en hou in die yskas.
Sprinkel sout en peper op die kuikens/hoender.
Bedruip met die gesmelte botter en dan met die marinade.
Braai oor matige kole, bedruip elke nou en dan met die braaisous wanneer die kuikens/hoender gedraai word.
Alternatief:
Andersins kan jy ook die hoender in die oond gaarmaak.
Voorverhit oond tot 180°C en spuit ‘n oondbak met kleefwerende kossproei.
Bedruip die hoender met gesmelte botter en dan met die marinade.
Plaas in ‘n oondbak met deksel of maak toe met foelie en bak vir 50 min.
Smeer weer met marinade.
Haal die deksel/foelie af en bak vir ‘n verdere 10 – 15 min tot die hoender gaar is.
Laaste van die marinade kan dan oorgesmeer word.
Dien op met geroosterde aartappels en slaai.
Foto en resep: Amanda Austin