Your Recipe Blog

PIETIE SE LASAGNE POT

Recipe by
Cook: 2 - 3 ure

PIETIE SE LASAGNE POT

Ek het dié resep by my broer geleer. Begin vroegmiddag al – hoe langer die maalvleis prut, hoe lekkerder is jou pot.
  • 50 ml olie
  • 1 kg maalvleis
  • 2 uie, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, gekneus
  • 2 blikke gekapte tamaties
  • 100 g tamatiepasta
  • 30 ml Worcestersous
  • 30 ml blatjang
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • ’n groot hand vol vars kruie, gekap
  • sowat tien lasagnevelle
  • Witsous:
  • 100 g botter
  • 80 ml koekmeel
  • 3 koppies melk
  • 1 koppie cheddar, gerasper
  • 1 koppie mozzarella, gerasper
  • 1 koppie feta gekrummel

Verhit die olie in ’n platboompot en braai die uie en knoffel sag.
Voeg dan die maalvleis by en braai dit amper gaar.
Voeg die tamatie, tamatiepasta, Worcestersous, blatjang, kruie, sout en peper by.
Roer dit goed en laat prut vir sowat drie ure (of minstens vir ’n uur, as die honger druk).
Verhit die botter en roer die koekmeel by totdat die sous begin dik word.
Voeg die melk by en hou aan met roer totdat die sous glad en deurgekook is.
Skep die maalvleis uit, giet ’n dun lagie witsous in die bodem van die pot.
Bedek die witsous met lasagnevelle, gevolg deur ’n laag maalvleis.
Herhaal die lae totdat al die bestanddele gebruik is.
Sprinkel die kaas bo-oor, sit die deksel op en laat dit oor lae hitte prut vir sowat ’n uur.

Notes:
Om jou skoonma te beïndruk kan jy ’n bietjie sampioene, gestoomde spinasieblare en ’n skeutjie sjerrie by die vleismengsel voeg.
Dorea Fisher:
Die resepte is perfek soos hy is.
Willemien Windell: 
Het gister hierdie lasagne resep op die vuur gemaak. My 1ste potjielasagne en beslis ‘n wenner! Het die maalvleismengsel net vir ‘n uur laat prut en nadat ek dit in die onderskeie lae gepak het, nog ‘n uur laat prut. Ek het die gerasperde kaas eers 20 minute voor die einde oorgestrooi.

Resep:  Dorea Fisher
Foto:  Willemien Windell

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page