PIETERSIELIE PESTO
- bossie pietersielie
- ongeveer ¼ koppie olyfolie
- sout en peper
- 10 gemengde neute
- 5 songedroogde tamaties
- pakkie saadjies (mens kry sulke peusel sakkies te koop)
Sit al die bestanddele behalwe olie in ‘n voedselverwerker en maak fyn. Voeg dan die olie bietjie vir bietjie by tot dit vir jou reg lyk. Ek hou van myne loperig.
Sit in potjie en bêre in yskas.
Lekker op vis ook.
Resep en foto: Marian van Deventer
Category: