Your Recipe Blog

PIETERSIELIE PESTO ROLLETJIES

PIETERSIELIE PESTO ROLLETJIES

” Ekt gister die heeeerlike pesto aanmekaar geslat dit was heeerlik saam ons gebraaide hoener ”

  • 1 koppie vars pietersielie, gekerf
  • 3 eetlepels mozzerella kaas, gerasper
  • ¾ koppie pekanneute
  • ½ koppie olyfolie
  • 1 koppie water
  • ½ teelepel sout
  • ½ teelepel peper
  • 1 teelepel Aromat
  • Ekstra:
  • snytjies brood
  • snoepworsies

Plaas die neute in ‘n versapper en maak fyn, voeg die ander bestanddele, behalwe die water by en verpulp.
Voeg die water by en verpulp verder tot die konstitusie so danig is dat dit vloeibaar is, maar ook gesmeer kan word.

Rolletjies:
Rol ‘n paar snytjies brood plat met ‘n koekroller en smeer die pesto lekker ruim op die brood.
Plaas jou gunsteling snoepworsie op die een kant en rol die worsie toe.
Braai dit op stadige kole tot mooi goudbruin en siedaar ‘n heerlike happie.
Ons het dit sommer saam met gebraaide hoender as ‘n bygereg geëet.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page