Your Recipe Blog

PIESANGWORTELKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 - 55 minute

PIESANGWORTELKOEK

Baie lekker sal nie weer ‘n ander een maak nie!

  • 1 koppie wit suiker
  • 1 koppie olie
  • 3 eiers
  • 375 ml koekmeel
  • 2 teelepels kaneel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel koeksoda
  • knypie sout
  • 1 koppie grof gerasperde wortels
  • 1 koppie fyn gedrukte piesangs
  • 200 ml pekanneute, grofgekap

Voorverhit die oond tot 180ºC. Smeer ‘n koekpan met botter.
Klits die suiker en olie goed saam. Voeg die eiers 1 vir 1 by en klits goed na elke byvoeging.
Sif die meel, kaneel, bakpoeier, koeksoda, sout saam.
Voeg by die suiker en olie mengsel en vou in.
Voeg die wortels, piesang en neute by en meng liggies deur.
Skep in pan en bak 40 – 55 min tot gaar. Laat afkoel.

  • Versiersel:
  • 1 pakkie roomkaas
  • 375 ml versiersuiker
  • 5 ml vanilla geursel

Meng die roomkaas en versiersel goed saam moenie te veel klits nie, voeg die vanilla by, meng deur en skep oor die koek.
HEERLIK!!!

Foto’s:  Marié Fourie

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page