Your Recipe Blog

PIESANGRAAD SE PIESANGBROOD

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minutes

PIESANGRAAD SE PIESANGBROOD

Hierdie is die mees suksesvolste piesangbrood resep wat ek nog probeer het (en ek het al ‘n hele paar probeer na aanmoediging van vriendinne). Beslis die geurigste ene en dis waarom ek dit met vrymoedigheid aanbeveel en elke keer terugkom na die een.

  • 150 g botter
  • 250 ml strooisuiker
  • 2 groot eiers
  • 5 ml karamel geursel
  • 500 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 5 ml koeksoda
  • 500 ml ryp piesangmoes, ongeveer 6 piesangs
  • 75 ml suurlemoensap, of een uitgedrukte suurlemoen
  • Fyn gerasperde skil van een suurlemoen (rasper eers die skil voordat jy die suurlemoen uitdruk)
  • 250 ml grondboontjies, gekap maar nie heeltemal fyn nie
  • Opsioneel:
  • 1 koppie grondboontjies en rosyntjies
  • ½ koppie vesel (wheat bran)
  • ½ koppie gekraakte koring (crushed wheat)

Smeer ‘n broodpan van 26 x 11 x 7 (myne is effens groter 30 x 13 x 9) met smeer en skud uit met meel (dit verhoed dat die piesang brood vassit). Stel oond op 180°C.
Klop botter en suiker saam tot geroom.
Voeg die eiers een vir een by en klop goed na elke byvoeging. Voeg geursel by en meng.
Sif droë bestanddele (behalwe die koeksoda!) saam. Strooi die koeksoda op die piesangmoes en meng goed.
Sit die suurlemoensap en gerasperde skil by die piesangmoes.
Voeg die piesangmoes by die eier en botter mengsel en meng.
Voeg stadig die meelmengsel en die grondboontjies by die klam mengsel en meng goed.
Skep die beslag in die broodpan, sit in warm oond en bak vir ± 1 uur of totdat toetspen skoon uitkom en die broodjie mooi bruin is bo-op.
Haal uit die oond en laat afkoel vir 10 min voordat jy versigtig die broodjie uit die pan gooi.

Notas:
In ‘n gasoond gaan jy vind dat dit so 5 tot 10 min langer gaan bak omdat dit ‘n klam hitte is.
Ek het vandag se broodjie in my LG Solardom konveksie oond gebak omdat hy soos ‘n wit olifant staan en net melk en kos warm maak! Dit het goed gewerk (helfte van die tyd!) maar die broodjie is vir my te donker bo en te lig onder. Ek gee in elk geval die instruksies:
Voorverhit die konveksie oond tot by 200°C en bak op die laagste rak op Speed Combi 5, 190°C + 180°C vir ongeveer 30 minute.

Ek het die resep 3 x aangemaak en in 4 broodpannetjies gebak (22×11×7 cm).
Klein broodjies het ek 18 uitgekry soos op foto 2.

Resep aangepas en foto’s: Elsabie Templeton

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page