PIESANGMUFFINS VAN “MUFFIN MIX”
- 500 g Snowflake Easy Muffin Mix – vanilla geur
- 3 ekstragroot eiers
- 125 ml olie (ek gebruik Canola olie)
- 200 ml karringmelk
- 3 oorryp piesangs, fyn gedruk in piesangmoes
- 1 groot groen appel, geskil en fyn gerasper
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n groot muffinpan goed met botter.
Klits die eiers, olie en karringmelk saam.
Meng die piesangmoes en fyn appel by die muffinmengsel tot goed gemeng.
Skep in voorbereide muffinpan en bak in die voorverhitte oond vir ongeveer 20 minute of tot bruin en gaar.
Lewer 12 groot muffins.
Resep en foto: Louisa Rossouw Hollenbach