PIESANGKONFYT
- 1.5 liter water
- 750 g suiker
- 1.5 kg piesangs
- 150 ml suurlemoensap
- 2 ml sout
Ek het resep dubbel gemaak, net die water 1.5 liter gehou.
Maak piesang fyn.
Pak per kg om die beurt met suiker in lae in ‘n groot kastrol.
Voeg die suurlemoensap en water by.
Plaas op die stoof teen baie lae hitte.
Roer goed tot suiker opgelos is. Maak seker suiker is goed opgelos voordat jy die mengsel laat kook.
Wanneer die mengsel begin prut, kook 20 min.
Roer gereeld dat dit nie aanbrand nie.
Bottel warm in gesteriliseerde bottels.
Nota:
Ek dink dit gaan baie lekker op roosterbrood wees. Het 10 heuningbotteltjies uitgekry.
Resep en foto: Frans van Rensburg