Your Recipe Blog

PIESANGKOEK MET ROOMKAAS VERSIERING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 75 min.

PIESANGKOEK MET ROOMKAAS VERSIERING

  • Koek:
  • 3 fyngemaakte ryp piesangs
  • 2 teelepels suurlemoensap
  • 3 koppies koekmeel
  • 1.5 teelepels bakpoeier
  • ¼ teelepels sout
  • ¾ koppie sagte botter
  • 2 koppies suiker
  • 3 eiers
  • 2 teelepels vanilla
  • 1.5 koppies melk (met 2 teelepels suurlemoensap in gemeng)

Sit die oond aan op 135ºC.
Spuit/smeer medium oondpan.
Meng die suurlemoensap met die piesangs en sit eenkant.
In ‘n medium bak meng die meel, bakpoeier en sout, sit eenkant.

In ‘n groot mengbak, room die botter en suiker met elektriese klitser.
Klits eiers een vir een in asook die vanilla.
Klits alternatiewelik die meel mengsel en melk mengsel in.

Meng nou die piesangs by. Plaas die hele mengsel in jou oondbak en bak vir 1 uur 15 minute.

Plaas onmiddelik die gebak in die vrieskas vir 45 min.

Nota:
Sit gerus ‘n doek onder om jou ander items in die vrieskas te beskerm.

  • Roomkaas versiersel:
  • 1 bakkie gewone roomkaas
  • ½ koppie sagte botter
  • 1 teelepel vanilla
  • 3.5 koppies versiersuiker

Room die botter en roomkaas saam met elektriese klitser.
Voeg vanilla en versiersuiker by. Klits op lae spoed tot dit gebind het en dan hoë spoed tot glad.
Haal die afgekoelde koek uit die vrieskas, versier en geniet!

Foto en resep : Dedrei Venter

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page