PIESANGKOEK MET NEUTBOLAAG
Ek het vanoggend hierdie piesangkoek gebak, wou iets anders as die gewone piesangbrood bak. Ek het bietjie meer piesang gebruik en die die koek het heelwat langer gebak as wat die resep se, maar hy het pragtig gekom, en smaak heerlik.
- Neutbolaag:
- 375 ml graanvlokkies, ek het sommer Muesli gebruik
- 125 ml gekapte neute
- 60 ml suiker
- 2 ml kaneel
- 30 ml sagte botter
- Beslag:
- 250 ml gesifte koekmeel
- 125 ml bruismeel
- 2 ml sout
- 2 ml neutmuskaat
- 125 ml sagte botter
- 375 ml suiker
- 2 eiers, geklits
- 5 ml koeksoda
- 75 ml suurmelk (melk met 15 ml suurlemoensap of asyn in)
- 6 piesangs, fyn gemaak met ‘n vurk – (minder as die piesang baie groot is)
- 5 ml vanilla geursel
Voorverhit oond op 180 ºC.
Meng alles vir die bolaag saam en hou eenkant.
Sif koekmeel, sout en neutmuskaat saam. Klop die botter en suiker saam tot lig.
Voeg die eiers by en klop goed. Voeg nou die gesifte bestanddele by.
Los die koeksoda in die suurmelk op en voeg dit saam met die piesangs en geursel by die meelmengsel. Meng goed. Skep in voorbereide losboom koekpan van 20 cm of groter as jy die koek nie so dik wil hê nie.
Strooi die bo-laag oor en bak sowat 60 min of tot gaar, moenie uithaal voor gaar toets nie.
Baie baie lekker!!!!!
Foto: Rina Kleinhans