PIESANGBROOD MUFFINS
- 125 g margarien
- 1 ½ koppie suiker
- 3 eiers
- 1 teelepel vanilla geursel
- 2 koppies piesang pulp
- 2 koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- ¼ teelepel koeksoda
- ¼ teelepel sout
- 2 eetlepels melk
Klits margarien en suiker tot mooi lig van kleur.
Voeg eiers een vir een by en klop goed na elke een.
Voeg vanilla geursel by en vou piesang pulp in.
Voeg droë bestanddele om die beurt met die melk by die mengsel en meng goed deur.
Skep in voorbereide muffin pan.
Bak by 160°C vir 20 minute.
Variasie
Jy kan ½ koppie fyngekapte neute byvoeg indien verkies.
Resep en foto: Stephanie Kohrs Ferreira