Your Recipe Blog

PIESANGBROOD MET SJOKOLADE SPLINTERS

Recipe by
Cook: 60 - 90 minute

PIESANGBROOD MET SJOKOLADE SPLINTERS

  • 125 g botter
  • 1 koppie bruin suiker/½ koppie Xylitol
  • 2 jumbo eiers
  • 2 koppies koelmeel
  • 5 ml sout
  • 5 ml koeksoda
  • 5 ml bakpoeier
  • 10 ml vanilla/karamel geursel
  • 3 groot piesangs, fyngedruk
  • 1 opgehoopte desertlepel grondboontjie botter van jou keuse (12.5 ml)
  • 125 ml wit sjokolade splinters
  • 125 ml pekanneute/macadamias

Klits die botter en suiker saam tot lig en romerig.
Voeg eiers een een by en klits goed.
Voeg piesangs en vanilla by en meng goed.
Voeg neute, sjokolade en grondboontjiebotter by. Meng weer deeglik.
Meng meel, sout, koeksoda en bakpoeier saam en voeg by piesangmengsel.
Skep in gesmeerde broodpannetjie en bak by 160°C vir 1 – 1.5 uur of bietjie langer tot gaar en bruin.
Geniet.

Foto: Renate Strydom Engelbrecht

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page