PIESANGBROOD MET OLIE
Resep geplaas deur Desiré Crisswell
Foto 1: Petre Van Jaarsveld
Foto 2: Ilze Jacobs
Die brood bly ‘n week lank lekker omdat dit olie in kry in plaas van botter.
- 2 koppies koekmeel
- 1 teelepels bakpoeier
- 2 eiers
- 1 koppie suiker
- ½ teelepel sout
- 4 fyngedrukte piesangs
- ½ koppie olie
- 1 teelepel vanilla geursel
- ½ koppie melk
- ¾ teelepel koeksoda, nie afgeskraap
- Voorverhit oond tot 150 ˚C.
- Klits eiers en suiker goed saam.
- Voeg olie, vanilla geursel en sout by en klits deur.
- Voeg koekmeel en bakpoeier by en meng.
- Meng melk en koeksoda en voeg bietjie-vir-bietjie by die mengsel.
- Voeg piesangs by en meng goed.
- Skep in gesmeerde broodpan.
- Bak vir ’n 1 uur.
- Suurlemoenversiersel: Pètre Van Jaarsveld
- 30 ml botter/margarien
- 1 ½ koppie versiersuiker
- 1 teelepel gerasperde suurlemoenskil
- 15 ml suurlemoensap
- Verroom botter, versiersuiker en suurlemoenskil. Voeg suurlemoensap by en klits tot romerig.
- Versier soos verkies.
Category:














Nicoleen Jacobs
Lieflike resep, het al 2 gemaak en dis smul lekker, sag en kom mooi bruin uit. Ook lekker groot, maak 1 groot brood of 2 kleiner brode. Regtig ‘n wenner! Baie dankie vir die deel.