PIESANGBROOD MET GRONDBOONTJIEBOTTER
Op my foto, in die onderste snytjie, kan mens daardie lekker stukkie lemoenskilletjie sien. Die geur daarvan kom baie subtiel deur as ‘n nasmaak, en komplimenteer die piesang en groondboontjiebotter geure.
- Nat bestanddele:
- 4 opgehoopte eetlepels botter
- 1 opgehoopte eetlepel (gladde) grondboontjiebotter
- 2 ekstra groot eiers
- 5 – 6 oorryp piesangs, fyngedruk
- 5 – 10 ml vanilla geursel
- 1 teelepel lemoen zest (of suurlemoen zest)
- Droë bestanddele:
- 250 ml bruinsuiker (NIE die treacle tipe nie)
- 500 ml koekmeel
- 5 ml sout
- 5 ml bakpoeier
- 5 ml koeksoda
- Ekstra:
- 2 teelepels bruinsuiker
Stel oond op 180°C.
Spuit ‘n broodpan met kleefwerende sproei en voer uit met koekmeel.
Verroom botter, grondboonbotter en suiker saam.
Voeg die res van die nat bestanddele by.
Meng goed.
Sif die koekmeel en sout saam.
Meng bietjie-bietjie daarvan by die natmengsel.
Sodra oond gereed is, meng bakpoeier en koeksoda vinnig deur beslag.
Giet beslag in ‘n oondpan en maak gelyk.
Sprinkel ± 2 teelepels bruinsuiker bo-oor.
Bak vir ± 60 – 70 min, of tot toetspen skoon uitkom.
Laat effens afkoel in die pan voordat dit uitgekeer word.
GENIET!
Resep en foto: Meyer Combrinck