Your Recipe Blog

PIESANGBROOD MET DROë PRUIME

Cook: +- 60 minute | Servings: 1 medium broodjie

PIESANGBROOD MET DROë PRUIME

  • 125 ml margarien
  • 250 ml suiker
  • 5 ml vanilla geursel
  • 2 eiers
  • 500 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 2.5 ml sout
  • 4 – 6 ryp piesangs
  • 125 ml droë pruime, ontpit en opgekerf

Voorverhit die oond tot 180°C.
Klits die margarien, suiker en vanilla tot lig en roomerig.
Klits die eiers 1 vir 1 by die bottermengsel.
Sif die droë bestanddele.
Maak die piesangs fyn en meng die pruime by die piesangs.
Meng die meelmengsel by die bottermengsel en roer laaste die piesangmengsel by.
Giet die beslag in ‘n gesmeerde broodpannetjie en bak in die voorverhitte oond vir omtrent 60 min tot goudbruin en gaar.

Nota en foto 2: Meyer Combrinck
Ek het hiérdie resep gevolg, maar ek het die pruime vervang met gedroogde bosbessies (Cranberries), 7 kleinerige oorryp piesangs en bietjie suiker bo-oor gesprinkel voor dit oond toe is.
Heerlik en natuurlik het ek dit dik gesmeer met botter nadat die foto geneem is.

Resep en foto 1: Sunelle Liebenberg

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page