Your Recipe Blog

PIESANGBROOD IN VARKIEOOND

Recipe by
Cook: 60 min

PIESANGBROOD IN VARKIEOOND

Ons het ‘n paar oorryp piesangs gehad en wou dit nie weggooi nie. Ons stoof se oond is buite werking en toe moet die varkie oond maar sy job doen, en wassit nie ‘n djeeeeerlike broodtjie nie.

  • 1 koppie melk
  • 3 eetlepels botter
  • 1 koppie suiker
  • 3 piesangs ( baie goed fyngemaak)
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • ¼ teelepel koeksoda
  • 2 eiers
  • ¼ teelepel vanilla geursel
  • ¼ teelepel sout

Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam en plaas dit eenkant.
Klop die botter tot sag en voeg die suiker geleidelik by en meng goed.
Voeg goedgeklitste eiers stadig by en meng deeglik.
Voeg piesangs by en meng goed.
Voeg geursel by.
Voeg nou die meelmengsel en melk om die beurt by en meng goed.
Giet die beslag in ‘n groot genoeg pan ( omtrent 1,5 liter ) en bak in die oond vir ‘n uur lank op
180° C.
Nota:
Ek’t my varkie oond gebruik.
Die tekstuur en graad van gaarheid was perfek.   Hmmmmmm.

Resep en foto: Gideon Louw

Hoe om die varkieoond te gebruik: Gideon Louw
Dit hang natuurlik af van watse materiaal jou oondjie mee gemaak is.
Ekt myne self gebou en is n redelike dik staal die wande is omtrent 4mm dik en dit sluit lekker dig by die deksel.
Sommihe gekoopte modelle word gemaak van ‘n dunnerige materiaal wat baie gou warm raak, maar ook baie gou afkoel.
Die dikker materiaal word bietjie stagiger warm, maar hou ook sy hitte baie langer wat beteken dat as dit eers warm is het jy nie nodig om nog kole by te sit afhangende van wat jy gaar maak en hoe lank dit moet warm bly.
Dit hang ook af watter tipe hout of kole jy gebruik, ek gebruik meestal rooikrans hout wat ‘n warm kool het en wat redelik lank warm bly.
Party houtsoorte brand gou uit en is dan sommer gou koud ook.
Wat baie belangrik is, is om jou oond te ken. Ek gebruik myne baie so ek weet hoe lank en met hoeveel kole ek dit moet stook tot dit warm is.
Dan het ek die manier om die hitte van die deurtjie met die rugkant van my hand te voel ( dit kry jy maar net reg deur dit baie te oefen ) en dit het ek maar by my oorle moeder aangeleer in die dae toe sy ons familie se brode in n buiteoond gebak het.
My oondtjie is sodanig dat ek op sy rug kole kan plaas asook onder waar ek dit plaas in n bak wat pas oor byna die hele lengte van die oondtjie.
Ek gebruik glad nie ‘n termometer nie en in die warm maak of bak proses maak ek nie sommer die oond oop nie dit verloor sy hitte, maar dieselfde as met ‘n gas of elektriese oond.
Ek plaas gewoonlik ‘n opgehoopte graaf vol kole bo op die oondtjie se rug en omtrent ook soveel in die onderste bak.
Ek hoop dit help n bietjie.
Die beste is gebruik jou oond gereeld en begin met iets maklik soos ‘n flatervrye brood wat nie duur is nie.
Dit hang dan ook verder af hoe groot die volume in jou pan is. As ek bv 8 klein broodtjies gaarmaak gaan dit baie gouer gaar word as bv een groot pan.
Ek maak enigiets gaar in my varkie oond ….ekt al poedings, skaapblad, brode, snoek of enige vis ( gerook ) Noem dit en ek doen dit in my varkie oond.
Geniet jou varkie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page