PIESANGBROOD IN DIE PRUTPOT
Ons seun is mal oor piesangbrood, hierdie resep is so maklik en gedink ek gaan ‘n kans vat in my slowcooker, dit het so mooi uitgekom! Probeer gerus!
- 3 oor ryp piesangs, fyngemaak
- 250 ml suiker
- 8 eetlepels Stork margarien
- 2 eiers, geklits
- 1¼ koppie koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- 1 teelepel koeksoda
- 5 ml vanilla geursel
Meng alles saam in ‘n mengbak.
“Spray en cook” ‘n ronde glas oondbak wat in jou prutpot sal pas.
Skep die mengsel in die glas oondbak.
Giet 1 liter kookwater in jou prutpot se bak.
Sit die glasbak in die kookwater in jou prutpot se bak.
Vat ‘n skoon vadoek en sit dit oor die prutpot en sit die deksel op .
Stel die prutpot op “Hoog” vir 3 ure.
Skakel die pot af en laat dit afkoel met die brood binne in, keer uit op ‘n bord .. heerlik !
Lekker eet !
Resep en foto’s: Sonja Beukes Oosthuizen













