PIESANGBROOD IN DIE HALOGEEN OOND
Ek het 3 oorryp piesangs gehad en toe maak en in my konveksie oondjie ‘n piesang brood.
- ½ koppie sagte botter
- 1 koppie suiker
- 3 medium grootte piesangs, fyn gedruk
- 2 eiers
- 125 ml melk
- 5 ml vanilla geursel
- 2 koppies koekmeel
- 3 ml bakpoeier
- knypie koeksoda
- knypie sout
Room die botter en suiker saam. Voeg die fyngemaakte piesangs by en meng deur. Klits die eiers, melk en vanilla geursel saam en voeg by die piesangmengsel.
Sif die droë bestanddele saam en meng met die nat bestanddele tot ‘n gladde beslag.
Spuit ‘n klein broodpannetjie goed met spray ‘n cook en skep die beslag in die pan.
Bak teen 180°C vir 40 tot 50 minute met die “extention” ring en die pan op die laagste rakkie. Druk ‘n toetspen in die brood en as dit nog rou is in die middel, bak vir nog 10 tot 15 minute.
Nota:
Die is nog die mooiste wat my broodjie ooit uitgekom het.
Foto en resep geplaas deur Reon Conradie