PIESANGBROOD GEBAK IN KLEIN BROODPANNETJIES
- 3 piesangs
- 1 koppie suiker
- ½ koppie botter
- 2 eiers
- 2 koppies koekmeel
- ¾ koppie warm melk
- 1 teelepel bakpoeier
- 1 teelepel koeksoda
- 1 teelepel vanilla
- ½ teelepel sout
Druk piesangs goed fyn met ‘n vurk. Voeg suiker, botter en sout by, klop tot dit romerig is.
Klits eiers by.
Los koeksoda op in warm melk met ‘n vurk en voeg by die mengsel.
Sif die meel en bakpoeier saam, voeg by en meng goed. Voeg vanilla by en meng.
Skep die deeg in voorbereide glasbak of pannetjie.
Bak in convection oondtjie op 170 ºC vir plus minus ‘n uur of langer tot toetspen skoon uitkom.
Laat die broodjie afkoel in die panof bak, en keer dan uit.
Nota:
Ek het melk bo-oor gesmeer vir mooi bruin kleur.
Ek het ook eers dat my oondjie sy grade bereik het en liggie afgegaan het voor ek die broodjie ingesit het.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie
Made this 2 apr 2024 – put 2 extra babanas – 1 extra baking powder….some crushed nuts and mixed peel……made muffins and not a bread – DELICIOUS AND FLUFFY – A WINNER