Your Recipe Blog

PIESANGBLATJANG

Recipe by
Cook: 35 minute

PIESANGBLATJANG

“Dit is heerlik met kerrie, koue vleis en op toebroodjies met hard gekookte eier.”

  • 12 geskilde piesangs, in ringe gesny
  • 1 koppie (250 ml) sultanas
  • 2 groot gekapte uie
  • 1 koppie (250 ml) suiker
  • 1 eetlepel (15 ml) kerriepoeier
  • 2 koppies (500 ml) wit asyn
  • 1 eetlepel  (15 ml) sout
  • knippie rooipeper
  • 2 stukke pypkaneel

Meng al die bestanddele in ‘n geskikte kastrol en prut dit stadig tot dik.
Kook sonder ‘n deksel en roer gereeld omdat dit baie maklik aanbrand.
Die blatjang behoort binne sowat 35 minute dik en geurig te wees.
Proe en verwyder die kaneel. Bottel in warm skoon bottels en deksels.
Bewaar die gebottelde blatjang om ryp te word.

Mikrogolf:
Mikrogolf al die bestanddele in ‘n geskikte mikrogolf houer onbedek op hoog.
Mikrogolf twee keer vir 10 minute. Roer die mengsel tussen die twee periodes.
Toets die mengsel vir dikte. Milrogolf ‘n klein bietjie verder indien nodig.

Variasie:
Om appelblatjang te maak, vervang die piesangs deur 750 g kookappels. Vervang die wit suiker en asyn met bruinsuiker en -asyn.

Nota: Lorett Brittnell
Hierdie is ‘n uithaler resep. Ek gebruik in plaas van net kerriepoeier ‘n mengsel van 5 ml elk kerrie, gemmer, fyn kaneel en mosterdpoeier.
Ons eet dit saam met kaas van toast tot soutkoekies.

Resep en foto: Frans van Rensburg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page