PIESANGBLATJANG MET SOETRISSIE
- 1 kg piesangs
- 2 soetrissies
- 2 uie
- 2 knoffelhuisies
- 750 ml bruinasyn
- 500 g witsuiker
- 250 g sultanas
- 10 ml sout
- 10 ml kerriepoeier
- 5 ml borrie
- 1 ml tiemie
- knippie naeltjies
Sny die piesangs in skywe en die soetrissie, uie en knoffel fyn.
Plaas die res van die bestanddele saam met die piesangs en groente in ‘n kastrol en verhit stadig tot die suiker opgelos is.
Bring tot kookpunt en kook tot die blatjang dik is.
Bottel kokend warm in gesteriliseerde bottels en seël dadelik.
HEERLIK!!!
Resep: Heibre van der Westhuizen