PIESANGBAKKIES
As jy nie wil of kan deeg eet nie maak die maklike bakkies.
- 3 piesangs
- tuna
- mayonnaise
- kaas
- agurkies
- tamaties
- sout en pepper na smaak
Rasper 3 groot piesangs, maar hulle moenie ryp wees nie. Net begin geel raak.
Spuit ‘n muffenpan en druk die piesang in elke gaatjie vas soos vir ‘n doppie.

Jy kry 6 muffin bakkies uit.
Jy voeg niks by nie, bak in die oond tot bruin.
Ek het myne in die klein oondtjie gebak vir so 20 minute teen 180°C.
Maak ‘n tunaslaai met die mayonnaise, kaas en agurkies en tamaties alles in blokkies gesny…..sout en peper en skep binne in die bakkies wanneer dit uit die oond kom.

Jy kan natuurlik soet ook insit.
Resep en foto: Marian van Deventer
Category: