PIESANG YSKASTERT
Het hierdie Piesang yskastert by oorlede ouma gekry. Is anders as die gewone piesang yskastert.
- 1 pakkie suurlemoen jellie
- 3 piesangs
- 200 ml water
- 120 g suiker
- 10 ml vlapoeier
- 1 blik ingedampte melk (Ideal melk) (verkoel in yskas)
- 1 pakkie Tennisbeskuitjies, fyngemaak
- 80 – 100 ml sagte botter
Maak ‘n kors van die Tennisbeskuitjies en botter en druk vas in die tertbak.
Druk piesangs fyn en plaas in kastrol met suiker en water.
Kook tot suiker opgelos is. Maak vlapoeier aan met bietjie water (die poeier moet net opgelos wees) en meng by piesangmengsel in.
Kook tot borrel en voeg jelliepoeier by.
Haal van stoof af en laat afkoel.
Klits Ideal melk styf tot sagte punt. VOU afgekoelde jelliemengsel by die styfgerklitste Ideal melk in tot deeglik deur gemeng.
Rasper ‘n bietjie sjokolade bo-oor.
Plaas in yskas vir 4 ure of oornag.
Resep en Foto: Belinda van der Westhuizen