Your Recipe Blog

PIESANG WORTELKOEK

Recipe by
Cook: 50 minute

PIESANG WORTELKOEK

Bo-op is gekapte neute en bosbessies (cranberries)

  • Droë bestanddele:
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 koppies suiker
  • 2 teelepels kaneel
  • 2 teelepels koeksoda
  • 1 teelepels sout
  • 4 eiers
  • 3 koppies gerasperde wortels
  • 1 koppies fyngemaakte piesang
  • 1 ½ koppies kookolie

Sif alle droë bestanddele saam en hou een kant.
Klits eiers en suiker goed saam. Voeg olie geleidelik by terwyl jy klits.
Voeg die droë bestanddele by en roer goed deur.
Voeg die wortels en piesang by en roer goed deur.
Skep in 2 x 23 cm of 3 x 20 cm koekpanne of in groot diep ringpan wat goed voorberei is.
Bak teen 180º C vir so 50 minute.

  • Versiersel
  • 168 g Stork Bake
  • 3 koppies versiersuiker
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • 3 eetlepels “smooth” roomkaas

Klits die botter baie baie goed dit moet lyk soos room.
Voeg die versiersuiker gelydelik by terwyl jy klits.
Voeg die suurlemoensap by en klits deur.
Klits die roomkaas tot sag en meng in by die mengsel.
Versier koek soos verkies. Kan mengsel bietjie in die yskas laat rus indien verkies, voor jy die koek versier.

Resep en foto – Diane Roode Hancox

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page