Your Recipe Blog

PIESANG VLAPOEDING

PIESANG VLAPOEDING

  • 1 eetlepel botter/Stork Bake
  • 3 piesangs
  • 4 groot eiers, geskei
  • 750 g tot 1 liter gekookte melk
  • 6 teelepels suiker
  • 3 eetlepels vlapoeier (45 ml)
  • flan of sponskoek as kors
  • 250 ml room
  • 1 teelepel strooisuiker
  • 1 teelepel vanilla geursel

Voer geskikte tertbord uit met ‘n sponskoeklaag.
Klits eiergeel, suiker, geursel en vlapoeier
Voeg bietjie vir bietjie eiermengsel by die warm melk terwyl jy heeltyd klits, sodat eier nie kook nie. Kan eers ‘n paste maak met bietjie water van vla om klonte te voorkom en by warm melk inroer.
Verhit op medium hitte die eier/vlamengsel en roer aanhoudend sodat dit gaar kook en klontvry is. Verwyder van hitte en roer so eetlepel botter/Stork Bake deur.
Klits die eierwitte styf en vou in die vlamengsel in.
Sny twee van die piesangs daarby in en skep vlavulsel oor die sponskoeklaag.
Klits room effens styf en voeg die strooisuiker bietjie vir bietjie by tot die room styf is, en al die strooisuiker bygevoeg is.  Meng baie goed en versier met roomrosies, sny oorblywende piesang daarin as versiering of versier soos verkies.
Plaas in die yskas om goed koud te word en geniet.

Resep en foto:  Daleen Terblanche

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page