Your Recipe Blog

PIESANG MUFFINS

PIESANG MUFFINS

  • 4 tot 5 baie ryp groot piesangs
  • 200 ml suiker
  • 1 tot 2 groot eier/s, geklits
  • 80 ml gesmelte botter
  • 375 ml koekmeel, gesif
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml koeksoda
  • knippie sout
  • 5 ml geursel (karamel en/of vanilla)

Druk die piesangs baie fyn.
Meng dit dan met die suiker, geklitste eier/s, gesmelte botter en geursel.
Sif al die droë bestanddele in en meng goed.
Skep twee-derdes vol in gespuite gewone grootte muffinpanne en bak vir 20 tot 24 minute by 180ºC.

Wenke:
Hierdie resep lewer ± 16 gewone grootte muffins of 12 gewone grootte muffins én 12 mini muffintjies daarby, of ± 42 mini muffintjies. Indien jy gewone grootte muffins én mini muffintjies se panne tegelyk in oond wil bak, haal die mini muffintjie pan na 14 tot 16 minute al uit die oond, en dan haal jy die gewone grootte muffin pan eers na 20 tot 24 minute uit die oond, die gewone grootte muffins sal nie platval nie. As jy slegs mini muffintjies bak, haal hulle pannetjies almal na 14 tot 16 minute al uit.
Hierdie is ‘n baie lekker klam piesang muffin resep, vinnig om te maak, en glad nie duur nie.
Dit vries ook perfek en proe nog net so heerlik vars as dit vir slegs een minuut in mikrogolf ontvries/warm gemaak word.

Resep en foto: LM HULME

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page