PIESANG-GEMMERBROOD
- 125 g botter
- 250 ml strooisuiker
- 125 ml bruinsuiker
- 10 ml gouestroop
- 4 ryp piesangs, fyngedruk
- 2 eiers, geklits
- 625 ml bruismeel
- 3 ml koeksoda
- 5 ml neutmuskaat
- 10 ml fyn gemmer
- 5 ml vanilla geursel
- 30 ml melk
Voorverhit die oond tot 180 ºC en bespuit ‘n broodpan van 20 x 12 x 7 cm met kossproei.
Verroom die botter, suikers en gouestroop saam tot lig.
Klits die piesangmoes en eiers bietjies-bietjies by en klits goed.
Sif die droë bestanddele saam in ‘n aparte bak.
Meng die vanilla geursel en melk en hou eenkant.
Vou die droë bestanddele by die bottermengsel in, voeg die melkmengsel by en meng liggies deur.
Skep in pannetjie en bak ongeveer 1 uur lank tot gaar.
Laat effens in die pannetjie afkoel. Keer uit en sit voor met botter.
Resep en fotos: Amanda Austen