Your Recipe Blog

PIESANG EN WORTELKOLWYNTJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 minute

PIESANG EN WORTELKOLWYNTJIES

Ek het hierdie muffins in my oondjie gebak. Die baktyd is soos hieronder uiteengesit, maar voorverhit die oondjie vir so 5 – 10 minute. Hierdie kolwyntjies vries baie lekker. Ideaal vir kosblikke, teetyd of ‘n ligte ontbyt.

  • 1 ¼ koppie koekmeel
  • ¼ teelepel sout
  • ¼ teelepel kaneel
  • ½ teelepel koeksoda
  • 1 teelepel bakpoeier
  • ¼ koppie witsuiker
  • ¼ koppie bruinsuiker
  • 2 ryp piesangs fyngedruk
  • 1 koppie fyngerasperde wortel
  • 125 ml gesmelte margarien/botter
  • 5 ml vanielje geursel
  • Opsioneel:
  • ½ koppie gekapte neute/sade by, sonneblomsaad is my gunsteling

Voorverhit oond op 180°C.

Sif die koekmeel, sout, kaneel, koeksoda en bakpoeier saam.
Meng die suiker, piesangs, wortel, margarien en vanielje geursel saam en voeg by droë bestanddele.

Nota:
Meng nou die neute of sade by indien jy dit gebruik.
Meng goed saam en skep ¾ in kolwyntjiepanne wat met papierkoppies gevoer is.
Bak vir 15 min of tot kolwyntjie terugspring as jy met jou vinger daarop druk.
Laat heeltemal afkoel en pak in lugdigtigte houers en bêre in vrieskas.

Resep en foto: Gillian Vermeulen

One Review

  1. Engela Nel

    Heeeerrlik

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page