PIESANG- EN UIESOUS VIR BRAAIVLEIS
Dewald Muller het vir ‘n piesang en uie sous vir braaivleis gevra. Elize de Kock het die resep op sy versoek geplaas. Ek het dit gister gemaak saam steak en roomaartappels. Dit is so lekker ek sal dit nie net vir vleis gebruik nie. Ek sal dit as ‘n koue of lou warm slaai ook voorsit. Die resep is nou in my “Maak gereeld” resepte boekie. 🍌🥩
- 3 middelslag uie
- 1 dessertlepel botter
- 3 koppies kookwater
- 2 eetlepels suiker
- ¾ teelepel Cartwrights kerriepoeier
- 1 eetlepel bruinsuiker
- 1 teelepel mosterdpoeier
- 2 dessertlepels meel
- sout en peper
- ½ koppie koue water
- ½ koppie asyn
- 4 – 6 ryp piesangs, in skywe gesny
Smoor uie in botter tot bruin, voeg kookwater by en kook tot sag.
Maak droë bestanddele aan met koue water, roer asyn by en voeg geleidelik by uiemengsel. (pasop vir klonte)
Kook stadig vir 3 minute, laat afkoel, voeg die piesangskywe by.
Meng versigtig. Sit voor saam met braaivleis… baie lekker!
Nota:
Ek sal volgende keer bietjie fyn klapper bygooi vir ‘n koue slaai saam braaivleis.
Resep geplaas deur Elize de Kock
Foto: Emmerentia MC Pretorius
Heerlik!! Ware treffer.