Your Recipe Blog

PIESANG EN OATSKOEKIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20-30 min | Servings: 12 - 14 koekies

PIESANG EN OATSKOEKIES

Daar is baie mense wat nie meel of eiers kan gebruik nie, en hierdie is ‘n lekker troos koekies. Ek het dit aangepas met wat ek in die huis gehad het, en dit het heerlik uitgekom. Dit is ‘n sagte koekie, en glad nie soet nie. Maar dit troos….. dink dit kan heerlik wees in ‘n kosblik.

  • 2 ryp piesangs
  • 1 koppie oats of muesli of ‘n mengels, ek het ‘n ¾ koppie muesli met rosyne en neute en 1/3 koppie “rolled oats” gebruik
  • 50 ml rosyne, opsioneel
  • 1 koppie klapper
  • 4 eetlepels heuning of stroop
  • ¼ koppie gesmelte botter / bak margarien
  • ¼ koppie choc chips, ek het donker sjokolade opgekap
  • ½ teelepel sout

Voorverhit die oond tot 170ºC.
Skil die piesangs en maak fyn met ‘n vurk.
Voeg die oats en klapper by en meng deur.
Voeg die heuning/stroop by en meng.
Voeg die gesmelte botter by en meng goed.
Voeg die rosyne (indien gebruik) en choc chip by en meng deur.
Deel die deeg in ongeveer 12 – 14 bolletjies, plaas op ‘n gespuite bakplaat en druk redelik plat, onthou die koekie rys nie, so hy moet so dik en groot wees soos wat jy hom wil he wanneer hy gaar is.
Bak vir ongeveer 20 – 30 minute tot ‘n mooi ligte bruin kleur. Haal uit die oond, laat op die bakplaat bietjie afkoel en pak op afkoel rakkie.
Verpak wanneer heeltemal afgekoel.
Geniet!!
Resep aangepas en foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page