PIESANG EN GRONDBOONTJIEBOTTER MUFFINS
Resep: Ronel Lewies Pretorius
Foto’s en nota: Rina Kleinhans
Nota foto 2: Ek het net 3 groot oorryp piesang gehad en die resep vra vir 4 toe voeg ek ‘n lekker hand vol rosyne by, het die suiker met helfte xylitol vervang, en so bietjie bruinsuiker bo-oor gestrooi voor ek dit gebak het.
Dit is regtig ‘n heerlike klam muffin, probeer dit gerus.
- 4 piesangs
- 1 ½ koppie koekmeel
- ¼ teelepel sout
- 1 teelepel bakpoeier
- 1 teelepel koeksoda
- 1 eier
- ⅓ koppie grondboontjiebotter
- ¼ koppie canola olie
- 5 ml karamel geursel
- ½ koppie bruinsuiker
- Maak piesang fyn en meng met die grondboontjiebotter, eier, olie en geursel.
- Meng suiker by.
- Sif saam sout, meel, koeksoda, bakpoeier.
- Meng die meelmengsel in by die piesangmengsel.Skep in voorbereide muffinpan bak vir 20 – 25 min op 190ºC.
- Nota foto 1: Vanoggend het ek pekanneute grof gekap en ingesit, en sommer net ‘n neut bo-op gesit sodat mense wat allergies is vir neute dit nie moet eet nie.


