Your Recipe Blog

PIEKELUIE

PIEKELUIE

  • 2 kg klein uitjies
  • 1 x 750 ml asyn
  • 120 ml suiker
  • 15 ml sout

Maak die klein uitjies skoon. Sit in ‘n pot met die sout en bedek net met koue water.
Kook uie tot deurskynend.
Kook asyn en suiker apart.
(Ek het ‘n teelepel growwe swart pepper en pickle spice ook ingegooi).
Dreineer uie en pak in skoon gesteriliseerde bottels.
Vul die bottels met die asyn/suiker mengsel tot die uie bedek is onder die asyn en die bottel tot bo vol.
Seël goed en bêre.

Foto: Christa Kapp‎

Lina Victor:
Ek maak piekeluie om te verkoop en my kliente hou van krakerige uie so ek pak uitjies rou in bottels en gooi dan kokende asynmengsel oor.

  • 2 koppies asyn
  • 1 koppie water
  • ½ koppie suiker
  • pickle spice, in doekie gebind

Alles word saam gekook, haal die doekie uit en vul die bottels. Seël warm.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page