Your Recipe Blog

PIEKELSOUS VIR INLÊ VAN UIE

PIEKELSOUS VIR INLÊ VAN UIE

Maak die hoeveelheid sous aan soos wat jy uie het om in te lê.

  • 1 koppie appelasyn
  • 1 koppie suiker
  • 1 koppie water
  • bietjie droë rissievlokkies
  • mosterdsaadjies

Sny rooiuie in skywe, soveel soos jy verkies en laat dit vir ±2 ure in sout water lê.
Kook die asynmengsel saam in ‘n potjie op die stoof.
Pak die gedreineerde uie in warm gesteriliseerde flesse, giet die stroop oor die uie.
Steek met ‘n sosatie stokkie die lugborrels uit en seël die flesse met die gesteriliseerde deksels.

Nota:
Die stroop wat oorbly, bêre ek weer en gebruik dit vir byvoorbeeld as ek rooikool het of outydse tamatieslaai met pers uie of komkommer slaai maak, dan gebruik ek dit daarin.
Soutoplossing: Ek gebruik 200 ml sout op 3 liter water verhouding.
Ek gebruik rooi uie, gesny of indien ek kan kry, baba rooiuie.
Vir wit uitjies gebruik ek bruinasyn en vir die rooi uie gebruik ek appelasyn of witasyn.
Indien jy heel uitjies gebruik, sny kruisies aan die 1 kant van die uitjie, anders “pop” die binneste uit.

Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page