Your Recipe Blog

PIEKEL KERRIEVIS

PIEKEL KERRIEVIS

  • 10-15 stukke vis (ek het stokvis medallions en snoek gebruik)
  • olie om vis in te braai
  • 6 – 8 groot uie, in ringe gesny
  • 1 koppie water
  • 1 koppie asyn
  • 5 lourierblare
  • paar peperkorrels
  • heel koljander
  • ½ koppie suiker
  • 1 ½ teelepels sout
  • 2 eetlepels masala (Packo masala werk altyd die beste)
  • 2 teelepels borrie
  • 2 koppies koekmeel

Geur die vis met 1 teelepel sout, van die Packo massala en ‘n bietjie van die borrie.
Rol die gegeurde vis in die koekmeel en braai dit in ‘n warm pan met vlak olie vir ongeveer 2 minute aan elke kant, afhangende van die dikte van die vis. Plaas in ‘n groot bak en plaas eenkant.

Sous:
Voeg die water, asyn, lourierblare, paar peperkorrels, koljander, res van die borrie, ½ teelepel sout en res van die packo masala in ‘n medium groote pot. Bring die kerriemengsel tot kookpunt en voeg die opgesnyde uie en die suiker daarby.
Laat die kerriemengsel prut vir 8 minute totdat al die geure in die uie ingetrek het.
Verwyder die pot van die hitte en skep die sous oor die vis in die bak.
Laat die kerrievis afkoel, bedek en plaas in die yskas totdat dit gereed is om te eet.
Geniet!

Nota foto 2:
Andre Arendse het ‘n soortgelyk kerrievis gemaak maar ipv aparte verskeie speserye te gebruik het hy die die pakkie piekel speserye gebruik en ook Steenbra gebruik as vissoort.
“Ek hou daarvan om na die sous gekook het, gedroogde pruime by die sous te voeg, maar het nie gehad nie. Die pruime swel op in die sous en wanneer jy dit eet, dan bars die pruim in jou mond met jou vis saam met die soet-suur kerriesous, heerlik” -Andre Arendse

Resep en foto: Curt Carstens
Foto 2: Andre Arendse

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page